Nuttige Inligting

Wenke, Benodighede & Algemene Inligting

HEKELDRAADSOORTE & ALGEMENE BENODIGHEDE:

HEKELDRAADSOORTE –

  • BREIDRAAD:
    Breidraad kom in verskeie diktes voor wat kan wissel van katoendraad tot bonkig; dit kom gewoonlik voor in gram bolle.
    Draad met ‘n gladde tekstuur is gewoonlik die mees geskikste vir hekel. Draad met sy, lint or metaal kan ook gebruik word alhoewel dit dalk meer moeilik is om mee te hekel.
    Draad met verskillende diktes en teksture moet eerder vermy word aangesien dit moeilik is om die steke of patroon duidelik te kan sien.
  • HEKELDRAAD:
    Hekeldraad is fyn katoendraad wat tussen die diktes van 5 (die dikste) tot 60 (die dunste) wissel; die is gewoonlik geskik vir baie fyn hekelwerk soos filetwerk.
  • TAPISSERIEGARE & BORDUURGARE:
    Tapisseriegare en borduurgare is ideaal vir juwele of kleiner items.
    Tapisseriegare is suiwer wol en soortgelyk aan die dikte van dubbelbreidraad.
    Borduurgare kom voor in stringe van katoen, metaal, syvlos en viskosevlos (daar is nog meer).
  • RAFFIA, LINT, NYLON & TOU:
    Die skep baie interessante tekstuur in juwele maar is ook geskik vir strandsakke, sonhoede, plekmatjies en so aan.

BENODIGHEDE –

 Buiten die algemeenste soos wol en ‘n hekelnaald is die volgende ook goed om te gebruik:
  • Spelde met groterige koppies;
  • ‘n skerp skêr;
  • ‘n maatband;
  • wolnaalde met stomp punte vir die wegwerk van los drade & om blokke of pante aanmekaar vas te werk
  • steek merkers

RIGLYNE VIR HEKELNAALD & WOL –

  • No 8 – 1.5 mm naald
  • No 5 – 2 mm naald
  • Vierdraad – 2, 25 mm – 3.5 mm naald
  • Dubbelbreidraad – 3.5 mm – 4.5 mm naald
  • Aran – 4.5 mm – 5.5 naald
  • Bonkig – 6.5 mm – 9 mm naald

Save on Crochet and Knitting Supplies at CreateForLess!